Not Logged in
SARL News Bulletin Archive

Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive

SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 6 MAART 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga,

gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en

om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie

BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n

Elektroniese weergawe is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks

weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om

nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag

PROJEK LEXICON KRY MOMENTUM

DIE ZS1MM BAKEN OP 144,415 MHz TE BREDASDORP

en

HAMNET NUUS EN GEBEURE OP VERSKEIE NUUS KANALE BESKIKBAAR

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

**** Projek Lexicon is in volle swang. Die beplanningsfase is nou voltooi en die projekspan het

in Januarie maand begin met die uitvoering van sekere take om die grondslag te lê vir die res

van die take en bereiking van belangrike mylpale. Die fondasie van die uitvoeringsfase is die

finalisering van Projek Lexicon se webtuiste, www.projeklexicon.co.za. Die doel van die

webtuiste is om as 'n gesentraliseerde skakeling te dien om sodoende die vertalingsproses te

fasiliteer en om die vertaalde woorde in 'n SQL databasis te huisves. Ryan, ZS6GGR, is die

webtuiste bestuurder wat ook verantwoordelik is vir die funksionele ontwerp en werksvloei agter

die geïntegreerde vertalingsproses.

Besoek gerus die webtuiste en stuur jou kommentaar en voorstelle aan Ryan by

zs6ggr@gmail.com, jou deelname om die webtuiste te finaliseer sal hoog op prys gestel word.

Cobus, ZS1DJR, het ook die eerste voorstel van die uitleg, inhoudsopgawe en formaat van die

handleiding ter tafel gelê. Die projekspan moet die handleiding inhoud en uitleg nou finaliseer.

Die projekspan het 3 belangrike mylpale om te behaal, 28 Maart is die amptelike operasionele

bekendstelling van die webtuiste asook die begin van die vertalingsproses, einde September die

finalisering van vertaling van die woordelys en einde November die eerste weergawe van die

handleiding.

Etienne, ZS6EFN en Louis, ZS6SK, is ook besig met 'n voorlegging wat binnekort aan die ATKV

voorgelê gaan word. Wees op die uitkyk na nog verdere nuus en verwikkelings van die projek

en word so deel van die samestelling van 'n eerste Afrikaanse Amateur Radio Handleiding. Vir

meer inligting kan Etienne Naude, ZS6EFN gekontak word by etienne@afrigrid.com of Ryan

Gibson, ZS6GGR by zs6ggr@gmail.com

**** Die Bredasdorp BHF baken wat deur Leon Korkie, ZS1MM, bestuur word was gehoor in

Kaapstad, Knysna, Worcester en met behulp van meteor verspreiding ook in Nigel gehoor. Die

baken is toegerus met 'n dipool antenna wat hoofsaaklik Oos/Wes rigting tussen Kaapstad en

Port Elizabeth bedien. 'n Toename in sein sterkte sal voor kom wanneer temperatuur daling

voor kom by 'n hoogte onder 450 meter, maar die reeks deur middel van Tropo verbetering is

beperk tot 400 km omtrent 100 km Oos van Knysna. Aan die ander kant, as 'n temperatuur

verandering plaasvind tussen 450 meters en tot so hoog as 2 kilometer, dan kanTropo kanalisering

geskep word met die naderende kouefront na die Kaap. Dit sal die afstand vir BHF vergroot

vanaf Kaapstad na Port Elizabeth en moontlik Oos London, en sal baie sterk seine voort bring

vir verskeie ure lank. So hou jou ore oop vir die baken die weerberigte en Hepburn berigte.

Natuurlik is dit moontlik om swak seine met diep QSB amper daagliks te hoor van weë Tropo

verspreiding maar langer afstande benodig 'n hoë-wins horisontale Yagi met lae geruis

versterker. Stuur asb. jou sein verslae.

**** Tydens die maandelikse HAMNET vergadering wat op 2 Maart gehou was is daar baie tyd

spandeer om nuwe idees te bespreek oor hoe die HAMNET nuusbulletins meer aantreklik

gemaak kan word vir die nuwe luisteraars asook vir die potensiële nuwe lede. Daar is heelwat

luisteraars wat nie inroep nie, maar wat ook nie die stokperdjie effektief gebruik in diens van die

gemeenskap nie en sodoende nie deel van HAMNET word nie.

Luisteraars van die bulletins moet daaraan herinner word dat hulle meer inligting kan kry van

hulle klub voorsitters of enige HAMNET lede oor hoe om lid te word en meer aktief by HAMNET

betrokke te word. HAMNET Wes Kaap het 'n weeklikse bulletin op Woensdae om 19:30

plaaslike tyd wat op 145.700 herhaler in Kaap Stad uitgesaai word en herlei word op 3760 kHz

en 7110kHz laer syband as ook 144.300Mhz hoë syband en ook op Echolink via ZS1DCC-R,

wat een van die twee nodes in Kaap Stad is.

Voel vry om in te roep en elke week na die bulletins te luister. Jou plaaslike divisie versprei nuus

in 'n soort gelyke manier, so luister elke na die bulletins op die mees gesogte herhalers in jou

omgewing.

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

**** Nominasies vir die SARL se Amateurradio-Eregallery is nou gesluit. Agtien nominasies is

ontvang. Genomineerde kandidate sluit vorige radiopioniers soos John Streeter, Dixon Bennett en Dave

Larsen in, sowel as indiwidue wat nog steeds tot die stokperdjie bydra.

Die ere-galery se doel is om die geskiedenis van amateurradio in Suid-Afrika te bewaar deur dié

te eer wat 'n blywende bydrae gemaak het. Die stemstelsel kan deur die nominasies-bladsy op

die SARL-Webwerf bygekom word. 'n Skakel word op die tuisblad onder "Activities" verskaf.

SARL-lede kan vir 'n maksimum van vyf nominasies stem.

Stem asseblief so gou moontlik. Stemme sluit aan die einde van Maart.

**** Sluit nou aan by die SARL as lid teen halfprys. Jy kan aansluit by die SARL vir die

oorblywende tydperk van die finansiële jaar teen slegs R240 as 'n volle lid. As jy 'n pensioenaris

is en oor 65 jaar oud is, kan jy aansluit teen slegs R140. As jy nou aansluit sal jy 'n lid wees tot

30 Junie 2016 wanneer die SARL vir jou 'n faktuur stuur vir lidmaatskap vir die volgende jaar.

Kry volledige besonderhede op www.sarl.org.za en kies lidmaatskap in die linkerkantste kolom.

Vir meer inligting skakel Vonnie by die NARS by 011 675 2393. Sluit aan by die SARL vandag,

dit is die regte ding is om te doen as amateur radio belangrik is vir jou.

Lidmaatskap van die SARL is tans 1638 plus 47 geaffilieerde klubs.

**** Wes Kaapse amateurs hou 'n sosiale bymekaarkoms in die vorm van 'n bring en braai. Die

Boland Amateur Radio Klub wil graag alle Wes Kaapse Radio Amateur Klubs uitnooi na 'n

sosiale bymekaarkoms op Saterdag 2 April 2016. Die geleentheid sal by die Ou Skip karavaan park
in Melkbos Strand gehou word. Jy is meer as welkom om die geleentheid op Saterdag by

te woon, maar jy kan ook die hele naweek daar saam met almal spandeer vanaf 1 April tot en

met 3 April .

Dag tariewe is R50 per persoon

Karavaan staanplek is R175 per nag

Selfsorg eenhede is ook beskikbaar.

Let asb. daar op dat jy jou eie braairooster, verversings en eetgoed moet saam bring.

Daar sal 'n loodjie trekking op Saterdag middag om 12h00 gehou word met aantreklike pryse vir die wat

teenwoordig is: 'n Eco Zoom oond - (briket brand oond) geborg deur Norman Tinkler, en wyn

van die plaaslike kelders - geborg deur BARK is van die pryse wat aangebied sal word. Ou

Skip bied verskeie ontspannings geriewe vir oud en jonk. 'n Swembad en mini golf baan is onder

andere beskikbaar. Daar is ook 'n klein winkel waar jy enige aanvulling kan aankoop.

Bring jou XYL en die jongvolk!

Onthou die datum: Saterdag 2 April.

**** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Slegs

'n paar klein sonvlekke is sigbaar en tans is hulle almal stabiel met bykans geen kans vir

ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe

sonvlektelling van ongeveer 37 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure:

6 Maart - die SARL Hamnet 40 m kompetisie

6 Maart - sluitingsdatum vir logstate vir die digitale kompetisie

13 Maart - sluitingsdatum vir logstate vir die Hamnet kompetisie

19 tot 20 Maart – SARL BHF/UHF analoog en digitale kompetisie

2 April - RaDAR uitdaging

7 April - SARL 80 m QSO Party

9 April - SARL Herfs QRP Kompetisie

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is

herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF

en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Elektroniese opname deur Dick, ZS6RO, is ook

beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan

artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur

Etienne Naude, ZS6EFN geredigeer deur Ryan Gibson, ZS6GGR, en gelees deur

.......................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX

73 de ZS6GGR

084 499 9225

2016-03-04 20:53 GMT+02:00 Etienne Naude :

Ryan,

Aangeheg die SARL nuus bulletin vir komende Sondag.

Na die redigeering, stuur asb die bulletin dan vir Dawie Conradie, zr6dhc@zs6rtb.co.za

Regards,

Etienne Naudé

AFRIGRID (Pty) Ltd

Mobile: +27 82 553 0542

Office Intl: +27 12 661 6745

Fax: +27 (0) 86 607 1912

Email: etienne@afrigrid.com

Web: www.afrigrid.com

cid:image002.jpg@01CFBE0C.36989CD0

SARL Nuus 6 Maart 2016RG.TXT

Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003